Dynamix Online

WB 001 A - Alfabet en Syfers XG Font

WB 001 A - Alfabet en Syfers XG Font

Regular price R 42.65 ZAR
Regular price Sale price R 42.65 ZAR
Sale Sold out

Alfabet en Syfers - Ekstra Groot Font

Die letters en syfers in hierdie boekie is ekstra groot. Kleuters wat nog nie die nodige fyn motoriese vaardighede baasgeraak het nie kan solank die letters van die alfabet leer ken en ook die patroon van elke letter inoefen.

Dit is nog nie so belangrik dat kinders presies op die lyntjies van die letters en syfers hoef te skryf nie, maar dit is wel belangrik dat hulle die patroon korrek moet volg. Soos wat die kinders se fyn motoriese vaardighede verbeter gaan die letters ook al hoe kleiner word.

Hierdie boekie is bedoel vir kleuters in die grondslag fase, tussen ouderdom 3 en 4 jaar. Die boekie kan egter ook gebruik word deur kinders met spesiale behoeftes wat heelwat ouer is.

Ouers verkies om die werkboeke af te laai en uit te druk, maar vir skole en kleuterskole is dit makliker om die harde kopie werkboeke aan te koop.

Ons koerier ons materiaal na enige bestemming in Suid-Afrika.

View full details